Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Fees van volksdanse, sang, die lossaat van 100 ballonne en verskeie ander aktiwiteite is vanoggend, 1 September, voor die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) Oudtshoorn Tuishuis afgeskop.
Dit is deel van die ACVV se 100ste bestaansjaar in Oudtshoorn, vieringe.
Baron van Reedestraat moes voor Tuishuis vir ‘n wyle gesluit word, om die ry van motors vir volksdanse te verruil.
Daarna het inwoners van verskeie tehuise vir bejaardes, personeel familie en vriende van die inwoners en kinders ‘n optog deur die dorp gehou en geld ingesamel.
Die ACVV is 'n nie-winsgewende- en nie-regerende organisasie wat dienste aan kwesbare kinders, gesinne, vroue en ouer persone in die Oudtshoorn-omgewing lewer.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Kyk 'n video hier:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'