Gallery Update
OUDTSHOORNNUUS - Die vierde Animal Care Team-mark (ACT) het op 17 September by die Oudtshoorn-staatsveeartskantoor, plaasgevind.
Hierdie fondsinsameling tussen ACT en Oudtshoorn-staatsveearts as hooforganiseerder, vind jaarliks plaas om geld in te samel vir die dieregemeenskap se welsynskliniek wat onder andere sterilisasies, operasies, inentings, ontwurmings, vlooi- en bosluisbehandelings in die groter Oudtshoorn uitvoer.
FOTOGALERY: Fondsinsameling tussen ACT en Oudtshoorn-staatsveearts
ACT is 'n nie-winsgewende welsyns-organisasie wat poog om elke jaar ten minste 1 000 sterilisasies in samewerking met die staatsveearts te doen en hiervoor word geld benodig.
Op Saterdag is inwoners van Oudtshoorn en hul viervoetige kinders genooi om die fondsinsamelingsdag te ondersteun. Chris MacPherson, burgemeester van Oudtshoorn, het die verrigtinge geopen met 'n boodskap dat die werk wat die veeartse hier doen, vir dier en mens van groot belang is.
"Hondsdolheid is 'n soönotiese siekte ('n siekte wat mense van diere kan kry) en daarom is dit belangrik dat troeteldiereienaars elke jaar hul diere teen hierdie gevreesde siekte inent. Dit is moontlik om die siekte 100% te elimineer, indien elkeen saamwerk."Almal was deel van die Colour Fun Run, en of jy nou wou of nie, iewers was daar 'n titseltjie kleur op jou.
Hy het ook genoem dat 40% van hondsdolheid deur kinders jonger as 15 jaar oud, opgedoen word.
Volgens Vanessa Engelbrecht, tesourier van ACT, is hondsdolheid in die Wes-Kaap aan die toeneem en was Saterdag ook deel van 'n hondsdolheid-bewussynsveldtog.
Die hoogtepunt van die dag was die 5km-Colour Fun Run wat deur Hoërskool Oudtshoorn aangebied is.
Laerskool Laures se leerders het 'n groot hoeveelheid honde- en katkos aan ACT geskenk en van die leerders se kuns- en kleiwerke is uitgestal en later deur amptenare van die staatsveeartskantoor beoordeel.
Vorige artikel: Oudtshoorn-staatsveeartskantoor hou fondsinsameling
Hoërskool Oudtshoorn se Colour Fun Run het met 'n mengelmoes van kleur begin.
Almal wag om deel te wees van die Colour Fun Run.
Lede van die ACT-span saam met burgemeester Chris MacPherson, wat met sy rooi pruik reg is vir die Colour Fun Run. Voor, van links: Riana Lindeque en Isabella Engelbrecht (student-vrywilliger). Agter is: Elmarie Swiegers, Vanessa Engelbrecht, Chris MacPherson, dr. Cathy Fox en Johan Terblanche.
Deelnemers aan die Colour Fun Run, alte prettig aangetrek. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'