CALITZDORP NUUS - 'n 65-jarige man van Calitzdorp, wat tereg staan op 9 klagtes wat met seksuele misdrywe van minderjariges verband hou, se verhoor sal in Juliemaand begin.
Hy het Woensdagoggend in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.
Die man se naam is aan die Oudtshoorn Courant bekend is, maar kan nie genoem word voor hy nie gepleit het nie.
Daar is minstens vier klaers in die saak en almal is minderjarig.
Een van die klagtes is verkragting terwyl die res van die klagtes met seksuele aanranding en die wys van pornografie aan minderjariges verband hou.
Hy is 4 November verlede jaar in hegtenis geneem en het in die Calitzdorp-landdroshof verskyn.
Die man is op 8 April vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Streeklanddros Daniël Boks het die saak vir verhoor vir 16 en 19 Julie uitgestel.
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'