OUDTSHOORN NUUS - In die uitgawes van die Oudtshoorn Courant in Oktober 1967 haal 'n ou koperbed, plaasskole wat sluit, die eerste optrede van 'n bruin sang- en toneelgroep, die kommer oor 'n vyfdag werksweek en fietswedrenne die nuus.
4 Oktober
Oudthoorn se fietsryklub open sy seisoen met 'n byeenkoms waarin van die land se beste fietsjaers sal meeding. Willie Marx gaan probeer om 'n nuwe rekord op te stel. Hy sal ondermeer te staan kom teen die jong belowende Martin Neft. In die 25 myl-hoofwedren sal die Republiek se beste jaers deelneem. 'n Taktiese stryd word verwag.
7 Oktober
Die bekende bruin sang-toneel-en operagroep EON gaan die eerste maal in Oudtshoorn optree. Mev. V Jooste, musiekdosent aan die Suid Kaaplandse Opleidingkollege, het die groep genooi Hulle bestaan uit nege sangers en 'n begeleier. Op 20 Oktober tree hulle in die Kollegesaal op en op 21 Oktober in die Van Zyl-saal in die Kangogrotte. Die program bestaan uit ligte klassieke musiek in die eerste helfte en opera in die tweede helfte. (Was dit dalk 'n vroeë voorloper van die Klein Karoo Klassique? - Red)
'n Kampterrein vir bruinmense by Klein Le Rouxrivier is pas geopen Die terrein is van alle nodige kampfasiliteite voorsien Die Streeksraad het die projek gefinansier 'n Groot toeloop word verwag te oordeel aan die vervoer wat al gereël is.
Die vyfdag-werksweek is 'n nuutjie wat van 1 Desember in werking gaan tree en dit bekommer die verslaggewer. Waar gaan dit eindig, kla hy. Hy hoor dat die prokureursfirma nou ook op 'n Saterdag gaan sluit, omdat kantore soos die magistraat- en inkomstekantore en afdelingsrade met wie hulle moet skakel, ook gaan toemaak. Hy vrees vir chaos as banke en motorhawens die voorbeeld gaan volg. Die ergste scenario is die toeriste wat in die dorp gestrand sal wees.
Max Rose, 'n legendaries verebaron en miljoenêr, het 60 jaar gelede (vandag 110 jaar gelede) sprinkelbesproeiing uit Engeland ingevoer en aan boere bekendgestel Hy het in die goue verevoorspoedjare op die plaas Balmoral in Ladismith geboer. 'n Besonderse ou koperbed, wat in Balmoral gestaan het en wat Rose in 1907 uit Engeland laat invoer het, was ook in die nuus, toe die nuwe eienaars van Balmoral, Tommy Esterhuizen en Stoffel de Witt die einste bed op 'n veiling op die plaas Opsoek vir R61 gekoop het en teruggeneem het Balmoral toe. Max Rose het die bed in 1921 vir R30 aan 'n mnr Hugo Latelle verkoop waarna dit met die jare in die besit was van 'n mnr Van der Merwe van Opsoek.
11 Oktober
Die Burgemeester Raadslid J J Rauben-heimer het tydens die inhuldiging van sy tweede termyn, genoem dat Oudtshoorn 'n ernstige tekort aan nywerhede het. In die afgelope vyf jaar het slegs twee nuwe nywer-hede hulle op die dorp kom vestig Tot tyd en wyl nuwe nywerhede hulle hier sal kom vestig, vra hy die inwoners om toerisme, wat 'n be-langrikste nywerheid is, te beskerm deur besoekers met groot gasvryheid te hanteer.
14 Oktober
Die dae van plaasskole is getel, word berig Die Skoolraad het besluit om twee skoolgeboue: Oudemuragie-Wes en Buffelsdrif, wat al 'n geruime tyd leeg staan, op te veil. Kinders gaan op die dorp skool, weens die beskikbaarheid van koshuise en busdienste. Volgens die berig is daar bog distrikskole wat gesluit sal word.
ARTIKEL: HILDA BOSHOFF
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'