Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Drie jong mense wat vanaf Paarl na Eersterivier ('n vakansieplek naby Kareedouw) onderweg was, was pas in 'n botsing sowat 12km buite Oudtshoorn op die Georgepad.
Die Suzuki waarin hulle was het die pad verlaat en gerol.
Niemand is beseer nie.
Twee van hulle is Maties studente en een is 'n hoërskoolleerder.
Die wit Suzuki wat gerol het. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'