OUDTSHOORN NUUS - Leerders, rugbyspelers, leerderraad en personeel van Laerskool Laurus het vanoggend, 23 Maart, Nickyle Augustus, by die skool ingewag om hom terug te verwelkom na hy aan die SA Kampioenskappe in Germiston deelgeneem het.
Volgens SW Vorster, Laurus se skoolhoof, het hy aan die o.12 150m en 100m deelgeneem en vir die Wes-Kaapspan se aflosspan gehardloop. Hy het drie goue medaljes verower.
"Nickyle is nog 'n jong seun, maar iemand wat reeds so volwasse voorkom en baie hard werk. Sy ouers ondersteun hom in alles wat hy wil aanpak en is altyd langs die baan of langs die veld."
Vorster sê dit is lekker om te sien dat hy so baie ondersteuning van hulle af kry.
"Hy presteer nie net op die sportveld nie, maar is ook 'n sterk leier onder sy maats en werk hard in die skool.
Leerders en onderwysers by die skool tydens Nickyle se verwelkoming
Ons is regtig baie trots op hom en is opgewonde om te sien waar hy binne die volgende 10 jaar gaan wees.
Daar lê 'n blink toekoms vir hom voor."
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’