Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee bakkies was sowat 'n halfuur gelede in 'n botsing op die Georgepad betrokke.
Volgens die bestuurder van 'n Volkswagen-bakkie was hy vanaf Geoge na Oudtshoorn onderweg. Hy en 'n aankomende Isuzu-bakkie het mekaar reg van voor op 'n draai getref.
Dit is nog onduidelik wat die botsing veroorsaak het.
Die bestuurder van die Isuzu is per ambulans na die George hospitaal geneem.
Dit is die tweede botsing binne twee dae op die Georgepad sowat 7 km buite Oudtshoorn.
Kyk 'n video hieronder.
Die Volkswagen-bakkie wat in die rigting van Oudtshoorn onderweg was. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'