OUDTSHOORN NUUS - 'n Slenter wat mense glo gebruik om die terugbetaling van kontantlenings te ontduik word binnekort in die hof aangehoor. Sestien Oudtshoorniete moet Woensdag 25 April in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle die nasionale kredietwet oortree het deur onregmatige optrede teenoor 'n ondernemings wat kontantlenings toestaan.
Twee van hulle is polisielede, vyf is weermaglede en vier werk as polisiesekerheidsbeamptes. Die oorblywende vyf mensc is lede van die publiek.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, word daar beweer dat hulle tussen Maart 2017 en Januarie 2018 lenings by die onderneming aangegaan her, maar daarna hul bankrekenings gesluit het nadat hulle die geld ontvang het.
Dit het tot gevolg gehad dat die onderneming nie maandelikse betalings kon verhaal nie. Die eienaar van die onderneming het kriminele klagtes teen die mense gelê.
Die klagtes was aanvanklik bedrog, maar volgens Visser, "was die dossier by die landdroshof en die klagtes gaan verander na 'impeding/frustrating a credit provider'.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'