Update
OUDTSHOORN NUUS - Die 16 dae van aktivisme-veldtog teen geweld teen vroue en kinders het Maandag 23 November begin met 'n padblokkade wat deur verskeie departemente in Oudtshoorn gehou is.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is daar pamflette uitgedeel om mense bewus te maak van gesinsgeweld en geweld teen vrouens en kinders.
"Die 16 dae van aktivisme vind elke jaar vanaf die 25 November tot en met die 10 Desember plaas.
"Gedurende hierdie tydperk word verskillende projekte deur verskillende departemente gehou waar geweld teen vrouens en kinders aangespreek word."
Micheals sê hulle gaan op 8 Desember Eljada Kaïros Skool besoek en 'n poppekas vir die kinders hou om hulle ook bewus te maak van geweld teen kinders en dat dit verkeerd is.
Personeel van verskillende departemente op Oudtshoorn het Maandag pamflette by 'n padblokkade uitgedeel as bewusmaking van geweld teen vroue en kinders:
Vorige artikel: 16 Dae van aktivisme begin
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'