OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het ‘n 15-jarige seun gearresteer vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Volgens die Oudtshoorn-polisie se woordvoerder, sersant Gretchen Michaels, het ‘n man die polisie omstreeks 09:00 vanoggend (Dinsdag 17 Oktober) ingelig dat hy die seun by sy erf in Adderleystraat sien uitstap het.
Die klaer en polisie het die seun agternagesit en op die hoeke van Hoogstraat en St, Saviourstraat in hegtenis geneem.
Micheals sê hy het ‘n geheue stokkie, ‘n rekenaarkabel en ‘n pakkie sigarette in sy besit gehad.
Dit is vermoedelik uit die klaer se bakkie gesteel.
Die seun word op ‘n klag van besit van gesteelde eiendom aangehou.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'