Video
OUDTSHOORN NUUS - Twaalf mense met verskillende grade van beserings is vanoggend hospitaal toe geneem nadat 'n bakkie tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp gerol het.
Volgens voorlopige inligting het die bestuurder 'n vragmotor verbygesteek toe die vragmotor glo na regs beweeg het en die bakkie getref het.
Die bakkie het gerol.
Die bakkie se sleepwaentjie het ook gerol en aan die oorkant van die pad te lande gekom.
Drie voertuie van verskillende ambulansdienste was op die toneel om die beseerdes te vervoer.
Die erns vanbeserings is nog nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder. (Let wel dat video geneem is voor daar bevestig is hoeveel mense beseer is.)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'