OUDTSHOORN NUUS - Calitzdorp offer 'n ryk tapisserie van unieke besienswaardighede, natuurlike wonders en rustigheid vir die siel. Die dorpie bied iets vir elke soort reisiger, van avontuurlustiges tot natuur entoesiaste.
Die dorp het 10 unieke dinge wat uitstaan:
• Die dorp is geleë op die langste wynroete in die wêreld met sewe wynkelders vir wynliefhebbers.
• Daar is 21 bergpasse bereikbaar binne 'n 130 km radius vir die 4 x 4 entoesiaste.
• Die Nelsrivierdam is die oudste sementdam van sy soort in die land.
• Die dorp se NG Kerk is 'n nasionale monument.
• St Marks is die tweede kleinste kapel in die wêreld.
• Die bedreigde Kaapse bergsebra kom voor in die Gamkaberg-natuurreservaat.
• Pyprokers kan 'n handgemaakte pyp in Calitzdorp aanskaf, dié pype is wêreldbekend.
• Daar is 'n mineraalryke warmwaterbron 24 km buite Calitzdorp geleë.
• Dit is een van die drie plekke in die wêreld waar rooi ysterryke konglomerate gevind word.
• Calitzdorp vorm deel van die Gouritzbiosfeer, die enigste gebied in die wêreld waar drie globale biodiversiteit warmkolle saamkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’