Update
OUDTSHOORN NUUS - Mishanay Beronique Jansen (14) wat sedert 16 Februarie vermis was, het Sondagoggend 23 Februarie, by haar huis in Bongolethu opgedaag.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is Mishanay na die hospitaal geneem om seker te maak dat sy geen beserings opgedoen het nie.
"Die kind is veilig en het geen beserings nie. Sy het vrywillig saam met twee mans na George gegaan. Geen klagtes word ondersoek nie."
Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat Mishanay die Sondag van haar verdwyning in 'n bottelgroen Volkswagen Jetta saam met twee mans geklim het.
Mishanay se oupa, André Rondganger, het verlede Vrydag aan die koerant gesê dat hy en sy vrou baie bekommerd is oor hul kleindogter se gesondheid.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'