OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-aftreeoord het verlede Vrydag 'n genotvolle Olimpiese spele en kaperjolle-dag vir bejaardes aangebied.
Altesaam ses spanne het deelgeneem wat Santos Haven, Hartenrus, Millennium Park, Caves-aftreeoord en twee spanne van Oudtshoorn-aftreeoord ingesluit het.
Die deelnemers het in jukskei, rolbal, aflosstap, boontjiesak-houtlepel, pare-stap en ‘passing the ball’ meegeding. Oudtshoorn-aftreeoord was die algehele wenner wat die Kleinplasie-wisseltrofee ingepalm het.
Marianne van Greunen, bestuurder van die Oudtshoorn-aftreeoord, het die dag as 'n reusesukses beskryf met die senior burgers en jongelinge wat heerlik sosiaal met mekaar verkeer het.
Deelnemer in aksie in 'n rolbalitem. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'