PRINS ALBERT NUUS - Die jaarlikse Prins Albert Leesfees vind vanjaar vanaf 1 November tot 3 November plaas en spog met ongeveer dertig skrywers, gespreksleiers en musikante op die program.
Die Leesfees word vanjaar weer in die Jans Rautenbach Schouwburg aangebied nadat verlede jaar s’n by die skougronde plaasgevind het. Gesprekke waarna die gehoor kan uitsien sluit skrywers soos Dana Snyman, Anzil Kulsen, Jan van Tonder, Dennis Cruywagen, Zelda Beszuidenhou en Kerneels Breytenbach in.
Digters, Pieter Hugo en Hannes Visser wat onlangs gedebuteer het en musikante Nasine Blom en die rymkletser Jitsvinger is ook op die verhoog.
Vir meer inligting en die volledige program klik hier.
Die bekende Dana Snyman se gesprek by ‘n vorige Leesfees was volgepak.
Foto: Marlene Malan
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'