CALITZDORP NUUS - Dit is weer tyd vir Calitzdorp se jaarlikse groot konfyt-kook-maraton by die stasie.
Vanaand (29 November) om 18:00, begin die appelkoos-feestelikheid met 'n appelkoos-ontpitting-kompetisie. Na die kompetisie, word die appelkose en suiker in afsonderlike sakke geweeg vir môre-oggend se groot kook wat reeds om 07:00 begin. .
Daar word jaarliks gepoog om 1 000 botteltjies appelkooskonfyt te maak, maar as gevolg van die droogte, sal daar hierdie jaar ongelukkig net genoeg appelkose wees vir 500 botteltjies.
Die konfyt sal Saterdag by die stasie te koop aangebied word, maar die res sal vandaar geneem word na Calitzdorp-toerisme vir verdere verkope solank voorraad hou.
Alle fondse uit die verkope gaan na die Calitzdorp-gemeenskapskas waar dit aangewend word vir gemeenskapsprojekte in en om Calitzdorp.
Terwyl die konfyt-kook-marathon Saterdag plaasvind, tree die Donkiekar-boereorkes op en word die Kersfeesmark buite onder die prieel aangebied.
Die Kersfeesmark se verskeidenheid stalletjies, sal ook sorg vir heerlike eetgoed en geskenke.
Vir meer inligting kontak Calitzdorp toerisme by 044 213 3775 of Zelma Kriek by 082 576 5855.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'