OUDTSHOORN NUUS - Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat Bikers vir Liefdadigheid, in samewerking met Landy World, skenkings van komberse en honde- en katkos aan Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) oorhandig.
Die motorfietsryers het Sondagoggend van George af gery en die skenkings wat hulle ingesamel het oorhandig.
Volgens Colleen Smith, voorsitter van Odin, het hulle minstens twee weke se kos en hope komberse vir die diere in nood ontvang.
"Ons het ook 'n kontant bedrag ontvang wat definitief 'n groot gat sal toestop. Ons is so dankbaar vir almal in die Suid-Kaap wat skenkings aan Odin maak, die diere het dit so nodig," het sy gesê.
Voor, tweede van links, is Colleen Smith, voorsitter van Odin, saam met lede van die organisasie en lede van Bikers vir Liefdadigheid. Foto's: Lemaryn Barendse
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'