OUDTSHOORN NUUS - Druwon Lashawa en Courtney Wicomb het die afgelope naweek 'n 3de plek in baldans en 'n 5de plek in Latynsedans by die Wes-Kaapse baldanskampioenskappe in Kaapstad ingepalm.
Dié danspaartjie maak hulle nou gereed vir die SA kampioenskappe wat vanaf 13 en 14 Desember in Durban sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'