Tydens die vonnisoplegging het streeklanddros Mark van Wyngaardt gesê dat daar ‘n duidelike boodskap aan die gemeenskap moet uitgaan dat die howe hulle teen mense soos die skuldiges beskerm.
Edward Zaayman en sy pa Daniël is verlede jaar sowat ‘n week na mekaar op die klagtes van bedrog in hegtenis geneem.
Die landdros het min ag geslaan op beloftes deur beide dat hulle, indien hulle vrygelaat sou word, hard sal werk om die sowat R600 000 skade wat hulle slagoffers gely het terug te betaal.
Van Wyngaard het gesê dat jare se ondervinding die hof nie oortuig dat iemand wat mesne op so ‘n deurdagte manier bedrieg sommer net sal ophou nie.
Hy het gesê dat pa en seun die bedrieëry saam as ‘n beroep bedryf het en dat hy lanklaas so iets gesien het.
Klik hier vir 'n verwante artikel.
.jpg)
Edward Zaayman

Daniël Zaayman
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'