Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Politieke partye wat deelneem aan vandag (Woensdag 30 Mei) se tussenverkiesing in Wyk 13, is dit eens dat alles vlot verloop.
Met die Oudtshoorn Courant se besoek aan die twee stemlokale, Bridgton Chalets en St. Simons Kerk, was dit baie stil by die Chalets, maar by St. Simons Kerk was talle mense.
Vier partye, EFF, ACDP, ANC en DA, neem aan die verkiesing deel.
Die tussenverkiesing volg na die afsterwe van DA-raadslid Pieter Luiters.
Kiesers kan nog tot 21:00 vanaand hul kruisies trek en die uitslae word teen 23:00 verwag.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'