TUINROETE | KAROO NUUS - Die Mossel Bay Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Kolwyntjie (kol-wyn-tjie) s.nw., kolwyntjies. Ook kollewyntjie, kollewintjie. Ligte, sagte kleinkoekie, gemaak van ’n beslag met heelwat eiers, botter en geurmiddels, gew. met toevoeging van korente, fyn nartjieskil, gemengde speserye, e.d., gebak in klein (papier)vormpies op ’n bakplaat of in ’n kol(le)wyntjiepan en dikw. op verskillende maniere versier, bv. met versiersuiker, gekleurde lekkertjies of fyngemaakte neute:
Kolwyntjie: Soort koekie ... Ndl. kolombijntje ... vlgs. oorlewering is die soort gebak vroeër veral bedien op die sg. “naamdag” v. St. Colombino (Boshoff–Nienaber: Afrikaanse Etimologieë, 1967, 362). Teekoppies klink en borde vol gekleurde kolwyntjies en bakkies waatlemoenkonfyt ... word rond gehou (Sarie, 10 Okt. 1951, 7).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’