KAROO NUUS - In samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, plaas ons weekliks 'n ongewone of interessante woord.
Het jy 'n woord wat jy graag met ons wil deel? Stuur dit gerus na hugo@groupeditors.co.za.
Besoek www.wat.co.za om 'n Afrikaanse woord te borg of te koop.
Hierdie week se woord: ronkedoor s.nw., ronkedoors. (ongewoon) (‹Port. roncador, ``snorker'')
1 Olifantbul wat uit ’n trop verstoot is, of wat alleen hou: Ronkedoor is die naam wat die vroeë jagters aan die olifant gegee het in navolging van die geluid van sy waarskuwende trompetter (Insig, Febr. 1989, 46).
2 Manlike persoon wat asosiaal of afsydig is: Haar pa het navorsing gedoen oor die tsetsevlieg. Hy word die ronkedoor – die pionier wat van sy trop weggeloop en Afrika gaan verken het (Die Burger, 17 Nov. 1988, 4).
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'