KLEIN KAROO NUUS - Borskankermaand word jaarliks in Oktober gehou om die publiek van dié siekte bewus te maak. Marlise Labuschagne, Wes-Kaapse assistent streekorganiseerder, vertel dat Helpende Hand as deel van borskankerbewusmaking verlede Donderdag van die gebreide prosteses aan Kansa by hul hoofkantoor in Pretoria oorhandig het.
Helpende Hand se Boesemvriendinne-projek het reeds meer as 4 000 gebreide borsprosteses verskaf aan vroue wat hul borste weens borskanker verloor het.
Die Boesemvriendinne-breiprojek is in Mei verlede jaar in samewerking met Kansa van stapel gestuur.
In 2021 het ons met die hulp van ons ondersteuners altesaam 1 421 wolprosteses ingesamel. Ons is trots daarop om te sê dat ons vanjaar weens bykomende ondersteuning reeds vir 2 722 prosteses kon sorg.
Anina Meiring, bestuurder van Kansa en ook borskankeroorlewende, het ook die geleentheid bygewoon.
Meiring het op 36-jarige ouderdom albei haar borste weens kanker verloor. Sy self gebruik van die gebreide prosteses en help aktief om dit op grondvlak onder pasiënte te versprei.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'