Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Groep motorfietsryers en ander voertuie, waaronder die 4x4-klub, van regoor die Tuinroete en sover as Gqeberha het Sondag van George gery om skenkings aan Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) te oorhandig.
Pote in Nood word jaarliks deur Anton en Leigh-Anne Meyer van George gereël om fondse en ander skenkings vir Odin te in.
Die inisiatief het in 2015 begin, maar volgens Leigh-Anne doen hulle dit van 2017 spesifiek vir die diere.
Dit is hul vierde jaar wat hulle die geleentheid in Oudtshoorn doen.
Die groep het kos en komberse vir die diere van Odin ingesamel. Die geleentheid het voorafgegaan deur 'n Ride out Africa opleidingsdag waar motorfietsentoesiaste wenke van Chris Meyer en Chantel Blake-Visser ontvang het.
Daar was ook gelukstrekkings en lekker pryse is uitgedeel.
Die groep motorfietsryers het R10 400 ingesamel waarvan van die geld gebruik word om vir die personeel wat naweke die hokke skoonmaak te betaal. Daar is ook van die geld gebruik om skoonmaakmiddels te koop en die res sal vir kos vir die diere gebruik word.
Anton het al die borge en motorfietsryers wat tot die sukses van die dag bygedra het bedank.
Van die motorfietsryers wat aan Wiele vir Liefdadigheid deelgeneem het.
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'