Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Weermag toernooi om die fiksste soldaat in die land te bepaal het Maandag by die Oudtshoorn-infanterieskool begin en eindig Vrydag.
Hierdie toernooi is hoofsaaklik 'n inisiatief van die hoofbevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Weermag, luitenant-generaal Lindile Yam.
Yam het vanjaar besluit dat die Oudtshoorn Infanterie-afdeling van die Suid-Afrikaanse Weermag gasheer vir hierdie fiksheidtoernooi moet speel.
Die verskillende afdelings van die Suid-Afrikaanse Weermag het landwyd reeds hul eie soortgelyke toernooie gehou om hul onderskeie wenners te bepaal.
Die sowat 200 soldate van oor Suid-Afrika wat dus vanaf Maandagoggend by Oudtshoorn-infanterie se sportterrein aangetree het is dus die room van die fiksste soldate in die land.
Volgens Majoor SSS Vilakazi word dié soldate se fiksheidsvlakke in swem, draf, stap, gewig-optel en 'n reeks behendigheids- en uithouvermoë roetines getoets.
Een van die hoofdoelwitte van die toernooi is ook om soldate fisies en geestelik gereed te kry en te hou vir oorlogsituasies.
Kyk 'n video hieronder:
Een van die soldate dra 'n 5 kg-sak sand op sy rug.
Twee soldate dra houtkiste met ammunisie wat sowat 10 kg weeg.
Hierdie soldaat moes oor 'n Kasper-voertuig op die hindernisbaan klouter.
Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'