Die eerste een is in 1992 in De Hoek gehou.
Die saamtrek was soos die vorige agt weer 'n belewenis met talle familielede wat dit vir die eerste keer bygewoon het soos die 89-jarige mnr Awie Wicomb van Riversdal. Hy was ook die naasoudste met mnr Adam (Ampie) Wicomb van Oudtshoorn die oudste op 93.
Die eerste Wicomb in Suid-Afrika was 'n skeepsdokter van Skotland, wat volgens navorsing in die vroee 1700's in Plettenbergbaai aan wal gestap het nadat die skip waarop hy gereis het tydelik gestrand was.
Hier het hy tweelingseuns gehad by 'n vrou van Jawa, 'n slavin, wat ook kinders gehad het van twee ander mans met die vanne Barnard en Rensburg. Sy is dus die stammoeder van die drie families.

Ses van die oudste familielede wat die afgelope naweek die 9de Wicomb Familisaamtrek by die Calitzdorp Spa bygewoon het is van links Simon Swigelaar (80), Johan Wicomb (78), Adam Wicomb (93), Awie Wicomb (89), Dan Wicomb (80) en Pieter Wicomb (76).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'