OUDTSHOORN NUUSFLITS - Motoriste en voetgangers is gevra om oplettend te wees vir fietsryers met die SA pad- en tydtoetsfietsry-kampioenskappe wat in Oudtshoorn aan die gang is.
Die versoek volg na ‘n motor vanoggend omstreeks 11:45 in ‘n geslote baan van Voortrekkerweg beland het en na bewering wou omdraai en toe met ‘n aankomende motor op die hoeke van Voortrekkerweg en Buitekantstraat gebots het.
Corné Bence, die direkteur van die kampioenskappe, het gesê, “genoegsame beamptes is in plek om die verkeer te beheer en uit die geslote bane te hou.
"Dit is onverstaanbaar hoe die motor in die fietsryers se baan beland het.”
Vir meer inligting oor watter paaie en bane gesluit is, lees 'n vorige berig: Fietsry begin, paaie gesluit.
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'