OUDTSHOORN NUUS - Die SA pad- en tydtoetsfietsry-kampioenskappe het vanoggend (6 Februarie) in Oudtshoorn begin.
Die kampioenskappe sal tot Sondag 11 Februarie duur en noodsaak die sluit van bane van sekere paaie.
Die renne begin en eindig by die Rec in Voortrekkerweg en vind van 08:00 tot 17:00 elke dag plaas.
Voortrekkerweg word vanaf Langenhovenweg tot op die Calitzdorp-pad gebruik.
Die uitgaande twee bane is vir verkeer gesluit gedurende die dag en die twee inkomende bane, wat normaalweg ‘n dubbel inkomende baan is sal na ‘n tweerigtingbaan verander.
Dieselfde sal ook vir Langenhovenweg geld, aangesien Langenhovenweg vanaf die Bokomo-brug tot by Voortrekkerweg se dubbele inkomende bane deel van die roete uitmaak.
Rademeyer- en Vredestraat word ook geraak.
Die roetes vir die eerste drie dae is vanuit die dorp, voor die Rec na die Mosselbaai-afdraai en dan na die Safari-volstruisskouplaas en weer terug dorp toe met Rademeyerstraat en Langenhovenweg.
Vanaf Vrydag sal die deelnemers uit die dorp na Volmoed tot by die Mosselbaai-kruising en ook op die Highgate-pad ry.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'