OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Poppiedag om die einde van die Eerste Wêreldoorlog op 11 November 1918 te herdenk, is verlede Sondag, 7 November, by die Infanterieskool se gedenkmuur gehou.
Die parade vind gewoonlik plaas op die Sondag wat die naaste aan 11 November val.
Lt.kol. Letita Wolmarans, waarnemende bevelvoerder van die Infanterieskool, het die plegtighede waargeneem wat deur lede van die Infanterieskool en weermagveterane bygewoon is.
Van die veterane wat teenwoordig was, was onder andere afgetrede genl.maj. Chris Serfontein (voormalige bevelvoerder van die Infanterieskool), lede van die SA Weermagvereniging en die Moth-klub, Halafaya Bomgat in Oudtshoorn sowel as gesinne van die lede.
'n Kranslegging is tydens die verrigtinge gehou ter nagedagtenis aan alle gevalle krygsmanne.
'n Groep van die weermagveterane wat Poppy-dag by die Infanterieskool bygewoon het. Foto's verskaf
Kranse wat sondag by die gedenkmuur gelê is,
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'