Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vier weermaglede is beseer toe 'n motor in hulle peleton vasgery het terwyl hulle in Van der Rietstraat gestap het.
Die botsing het omstreeks 17:30 plaasgevind.
Volgens getuies het die motor, 'n wit Mazda, by een groep soldate verbygery en in die tweede groep vasgery. Hulle was sowat 'n blok van die weermagbasis af nadat hulle in die dorp was vir inkopies.
Drie van die soldate het vermoedelik frakture opgedoen.
Die polisiewoordvierder, kaptein Louis Visser, het bevestig dat die bestuurder deur die polisie hospitaal toe geneem is vir bloedtoetse.
Kyk 'n video hieronder.
Die motor op die toneel waar die soldate getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'