OUDTSHOORN NUUS - Inwoners van Dysselsdorp word weereens vermaan om waterverbruik tot die minimum te beperk, so lui 'n mediaverklaring wat vanmiddag, 13 Januarie, deur die Oudtshoorn-munisipaliteit uitgereik is.
Die munisipaliteit verduidelik dat met die nuwe vlaag van kragonderbrekings watervoorsiening in die landelike gebiede van Dysselsdorp en De Rust sedert gister onderbreek is.
"Met die kragonderbrekings kan daar eenvoudig nie genoeg water gepomp word om aan al die verbruikers te voorsien nie. Water word tans per vragmotor na die onderskeie areas aangery."
Ernstige waternood kan by die beheerkamer by 044 203 7800 aangemeld word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'