Volgens Petrie Davel, die loodgieter, het die diewe in die proses 'n waterpyp wat ook teen die muur afloop afgeruk.
Dit het veroorsaak dat die water Dinsdagoggend oor Checkers se parkeerterrein gestroom het.
Hennie Davel, wat na die toestand van die gebou omsien, sê dit is nie die eerste keer dat so iets by dié gebou gebeur nie en is daar al geute ook by die gebou afgesteel.

Die kragkabels wat teen die muur langs loop is afgesteel.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'