Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vullistrok het vanoggend in Jan van Riebeeckweg vasgeval nadat 'n waterpyp gebars het en die straat onder die vragmotor meegegee het.
Volgens 'n inwoner het hulle die lekkende pyp aangemeld.
Die trok is met kabels deur 'n insleepvortuig uitgetrek en het nie skade opgedoen nie.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'