OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou van Oudtshoorn, wat na bewering 'n sewejarige meisie met 'n klip teen haar voorkop gegooi het, het verlede week in die streekhof op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn.
Susan Prinsloo, het die kind glo die betrokke dag in Vyftiende Laan, Bridgton, raakgegooi waarvoor sy twee hegsteke in die hospitaal moes kry.
Prinsloo ontken dat sy 'n klip opgetel en na enigiemand gegooi het.
Volgens haar is daar wel klippe na haar gegooi terwyl sy op haar erf gestaan het.
Die kind het deur middel van 'n tussenganger getuig dat sy gelê en slaap het en 'n geraas in die pad gehoor en opgestaan het.
"Ek het saam met my ouma en suster op die sypaadjie gestaan en gesien het hoe die vrou 'n klip optel en na ons gooi. Ek het gedink sy gooi iemand anders toe gooi sy my raak," het die kind getuig.
Volgens haar het haar suster en die beskuldigde vroeër gestry.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'