Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou van Spieskamp, sowat 10km buite Oudtshoorn, is gisteraand omstreeks 20:00 dood toe die opslaanhuis waarbinne sy was afgebrand het.
Sandra van Niekerk (23) was alleen in die huis toe die brand uitgebreek het.
Haar ma, Magda en dogtertjie van ses deel die huis. Hulle was nie tuis toe die brand uitgebreek het nie.
Twee aangrensende strukture het ookbafgebrand en twee families haweloos gelaat.
Die munisipaliteit het materiaal beskikbaar gestel om nuwe strukture op te rig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'