OUDTSHOORN NUUS - 'n Middeljarige vrou is kort gelede by die Oudtshoorn-taxistaanplek met ‘n mes in die rug gesteek.
Volgens voorlopige inligting is die aanvaller bekend aan haar, en het die voorval na 'n argument tussen haar en dié persoon plaasgevind.
Die meswond was nie noodlottig nie, maar blyk op die oog af ernstig te wees.
Ambulansdienste is in kennis gestel en die polisie is op die toneel.
Die meswond was nie noodlottig nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'