OUDTSHOORN NUUS - Die familie van ‘n 67-jarige vrou van Neppon, wat op 7 Desember verlede jaar spoorloos verdwyn het, is steeds hoopvol dat sy nog leef en opgespoor sal word.
So sê Martiens Esquire van Klooflaan 10, Neppon, wie se skoonsuster, Hester Hufke, na langer as drie maande steeds soek is nadat sy die aand van 6 Desember 2022 vir ‘n kopbesering in die Oudtshoorn-hospitaal behandel is.
Volgens Esquire is sy skoonsuster dié aand per ambulans na die hospitaal nadat sy geval en ‘n sny aan haar kop opgedoen het.
Volgens hom het die dokter wat haar behandel het, haar aangesê om in die ongevalle wagkamer te wag totdat haar familie haar kom haal. Sy kon nie ‘n telefoonnommer van haar dogter of ander familie verskaf nie.
Esquire sê die dokter het vir hom die ongevalle-video gespeel waarin gesien kan word hoedat sy skoonsuster die volgende oggend haar sak neem en by die hospital uitstap.
Niemand weet saam met wie of hoe sy by die hospitaal weg is nie, maar sy is daarna nog nie weer gesien nie.
Volgens Hufke het sy nooit by die huis aangekom. Hulle het haar daarna begin soek en by ander familie en vriende na haar verneem. Volgens Esquire was Hufke ‘n gesonde vrou en kan hy nie haar verdwyning verklaar nie.
Hy het haar ‘n dag later as vermis by die polisie aangemeld, maar na langer as drie, is sy steeds vermis.
Hy vra mense wat Hufke moontlik gesien of weet waar sy haar bevind, hom by 064 953 6149 of die Oudtshoorn-polisie, by 044 203 9200 of 079 893 9970, te skakel.
Martiens Esquire is bekommerd omdat sy skoonsuster reeds vir drie maande vermis is. Foto:Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’