Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Vrou is met ernstige hoof- en skouerbeserings hospitaal toe na 'n ongeluk buite Dysselsdorp vanoggend.
Sover vasgestel kan word was sy vanaf Mpumalanga onderweg na Knysna.
Volgens omstanders het sy vermoedelik 'n donkiekar verbygesteek en uitgeswaai vir 'n aankomende voertuig.
Volgens die polisie is die vrou se man nou vanaf Knysna onderweg na die ongelukstoneel.
Kyk 'n video hieronder.
Die ongelukstoneel buite Dysselsdorp.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'