OUDTSHOORN NUUS - Die ontslagaansoek van 'n vrou van Bongolethu wat aangekla word van poging tot moord, dronkbestuur en roekelose en/of nalatige bestuur, is in die Oudtshoorn-streekhof van die hand gewys en haar saak vir verhoor tot volgende maand uitgestel.
Nandipha Thys-Maseko (35) word daarvan aangekla dat sy op 27 Januarie 2017 op die hoek van Dassieweg en Agtstelaan, Bongolethu, probeer het om vir John Marcel Muller dood te ry. Sy was glo ook onder die invloed van alkohol.
Die saak dien voor streeklanddros JC Nortje en Maseko se borgtog van R500, sowel as haar borgtogvoorwaardes, is tot haar volgende hofverskyning op 17 Mei verleng.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'