UNIONDALE NUUS - 'n Vroue administratiewe klerk van Uniondale, Marsha Coetsee, is op Woensdag 17 Oktober in die Uniondale-hof tot ses maande tronkstraf of 'n boete van R5 000 gevonnis na 'n aanranding vroeër die jaar.
Die slagoffer, Hendrik Metik, het in Julie 'n klag by die Uniondale-polisie gelê na Coetsee, wat van diens af was, hom aangerand het.
Volgens Metik het sy hom 'n "moffie" genoem en sy kop teen 'n deur gestamp. Sy is skuldig bevind van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
"Daar was 'n beampte aan diens in wie se teenwoordigheid die voorval plaasgevind het. Hy het niks gedoen om te keer nie," sê Metik.
Benewens die klag van aanranding het Metik ook 'n klag van naamskending gelê.
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Klein Karoo nuus'