Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vrou wat gister in 'n kritieke toestand per helikopter van 'n botsingstoneel afgevoer is, het aan haar beserings beswyk.
'n Familielid wat ook in die botsing was, het vanoggend telefonies bevestig dat die vrou in die hospitaal dood is. Sy was die skoonsuster van die motorbestuurder.
Die botsing het gistermiddag, 3 Januarie, op die George-pad gebeur. Van die ander beseerdes is steeds in die hospitaal.
Lees 'n vorige artikel: Vrou ernstig beseer toe kar rol
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'