DE RUST NUUS - 'n Vrou van De Rust is ernstig beseer na 'n wegholbus haar vanoggend in Riemvasmaak getref het.
Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het, het die busbestuurder glo uitgeklim, maar was die handrem van die bus foutief en het die bus teen 'n afdraand agteruit gerol.
Die bus het die vrou, wat voor die bus met haar rug na die bus toe geloop het, getref. Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en is na 'n hospitaal in George geneem.
FOTOGALERY: Vrou van De Rust beseer met wegholbus
Die bus het daarna deur 'n paar heinings van wonings gery en teen een van die opslaanhuise vasgery. Die inwoners van die huis kon betyds uit die bus se pad kom en is gelukkig nie beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'