Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou het nekbeserings opgedoen toe sy vanoggend net voor 08:00 skaars 200m van haar huis af in 'n botsing betrokke was.
Dit blyk dat sy uit Bloemstraat in Langenhovenweg wou indraai toe haar Datsun GO 'n aankomende VW Tiguan getref het.
Volgens haar was die VW in die regterbaan van Langenhovenweg, maar 'n voertuig in die linkerbaan wat in Bloemstraat wou indraai, het die VW verberg. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die bestuurder van die Tiguan is nie beseer nie. Volgens haar was sy met Langenhovenweg onderweg toe die Datsun vanuit Bloemstraat oor Langenhovenweg gery en haar motor aan die linkerkant getref het. Sy sê sy het probeer uitswaai, maar kon nie.
Daar was reeds verskeie botsings by die spesifieke kruising.
Kyk 'n video hieronder.
Op die ongelukstoneel.
Die beseerde vrou word op n draagbaar neergelê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'