OUDTSHOORN NUUS - 'n Motoris is vroeg vanoggend, 1 Januarie hospitaal toe geneem met snye aan sy kop en arm na 'n botsing in Langenhovenweg omstreeks 03:00.
Volgens inligting was hy in 'n bakkie in die rigting van George onderweg toe 'n voorband gebars het.
Die bakkie het 'n paal op die middelmannetjie getref en daarna teen 'n heining by die kruising van Langenhovenweg en Bloemstraat tot stilstand gekom.
Die bestuurder was alleen in die bakkie.
'n Botsing in Langenhovenweg wat omstreeks 03:00 vanoggend gebeur het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'