OUDTSHOORN NUUS - Vredestraat sal vanaf Langenhovenweg tot Jan van Riebeeckweg tydens die nasionale trompoppiekampioenskap in Oudtshoorn, gesluit wees.
In ‘n munisipale kennisgewing het die munisipale bestuurder, Allen Paulse, te kenne gegee dat Vredestraat van Vrydag 29 Junie tot Saterdag 7 Julie gesluit sal wees.
Die trompoppiekampionskap vind op die Rec plaas en deelnemers sal met busse in Vredestraat afgelaai word.
Paulse sê daar sal wel voorsiening gemaak word vir toeskouerparkering op die sportgronde aangrensend aan Vredestraat. Toeskouers kan van Langenhovenweg na die parkeerarea ry en dit weer by die Jan van Riebeeckweg se kruising verlaat.
Slegs toeskouers en trompoppies sal toegelaat word om na die parkeerarea te ry, onder die verkeersdepartement se toesig.
Sien die program van die trompoppiekampionskap hieronder.
Lees 'n verwante artikel: 'n Week van se trompoppieskouspel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'