OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die land se grootste trompoppieskouspel speel van Saterdag 30 Junie tot Saterdag 7 Julie in Oudtshoorn af.
Ongeveer 7000 mense sal in Oudtshoorn saamtrek om die SA-kampioenskap op die Rec te aanskou.
2700 trompoppies, 300 afrigters en 70 administrateurs sal deel van die duisende uitmaak.
Johnny Bisschoff, voorsitter van die SWD Majorette and Cheerleading Association (SAMCA) en lid van die SA-kampioenskap kommittee, het gesê ongeveer 90 spanne van regoor die land sal aan die kampioenskap deelneem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
SWD-trompoppiebestuurders, Johnny Bisschoff (voorsitter), Lynette Sabad en Ronald Presber.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'