OUDTSHOORN NUUS - Vredebest verpakking het onlangs 500 sanitêre pakkies vir die dogters van Hoërskool Môrester gaan aflewer. Annette Meyer, winkeleienaar van Vredebest verpakking het gevoel dat die Oudtshoorn-gemeenskap haar al vir 17 jaar ondersteun en dat sy graag iets wou teruggee om haar lojale kliënte te bedank.
"Ek het die idee om sanitêre produkte aan dogters te voorsien gekry toe ek by Dis-Chem was en die kassier my vra of ek 'n donasie wil maak om minderbevoorregte dogters te voorsien van sanitêre produkte."
Meyer wat tydens Covid-19 'n groot hoeveelheid sanitêre pakkies aangekoop het, het nooit besef dat die tekort van sanitêre produkte 'n probleem onder vrouens en dogters is nie, en het gevoel dat sy van haar voorraad wou skenk waar daar 'n behoefte is.
Volgens Meyer is daar geweldig baie mense wat by haar kom aanklop vir donasies.
"Ons hoop om 'n verskil te maak aan die dogters se lewens deur hierdie produk aan hulle te skenk."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'