Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Bykans 20 ure nadat 'n vragmotor met tonne en tonne konfyt gisteraand omstreeks 21:00 in Voortrekkerweg omgeslaan het, is hy vanmiddag omstreeks 17:00 weggesleep.
'n Gedeelte van Voortrekkerweg was 'n ruk gesluit terwyl die vragmotor uit die erf waar hy beland het, gesleep is.
Die kruising is deur die groepie mense wat geduldig gewag het om konfyt op te tel, herdoop na "Soethoek waar Konfytweg en Jamstraat mekaar kruis."
Kyk 'n video hieronder:
Die trok is vanmiddag omstreeks 17:00 weggesleep.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'