Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Vragmotor met 34 ton steenkool het sowat 'n halfuur gelede van agter af teen 'n Toyota en 'n Opel corsa bakkie vasgery.
Volgens die bestuurder van die vragmotor het die lig rooi geslaan en die twee bakkies het langs mekaar gestop. Hy het gerem maar die swaar vrag het veroorsaak dat hy nie betyds kon stop nie.
Volgens die bestuurder van die Toyota het hy gesien die vragmotir gaan hulle tref en hy het weggetrek, maar is steeds getref.
'n Passasier in die Corsa en 'n passasier in die Toyota het ligte nekbeserings opgedoen.
Die botsing het in Voortrekkerweg by die igang na die Queens Mall plaasgevind.
Die swaar vrag het veroorsaak dat die bestuurder nie betyds kon stop nie.
Die vragmotor het van agteraf gekom en met die bakkie gebots. Foto's Hein Coetzee
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'