Die groot groep werkenemers het vroeg Maandagoggend voordat hulle vir diens moes aanmeld by sy huis in die dorp kom groet.
“Die trane het geloop,” sê Gerstner. “Ek het gedink Alison (Moos) gaan net kom koffie drink, en toe kom al die werkers met ‘n bus hier aan.”
Gerstner, ‘n argeoloog en een van die wêreld se beste speleoloë, was die afgelope 22 jaar die bestuurder van die grotte.
Hy vertrek later vandeesweek na Maleisië waar hy die bestuurder van die Gunung Mulu Nasionale Park op die eiland Borneo gaan wees.